Moet seker self net gou 'n bekendstellinkie plaas.
Ek is Hendie, en ek en my gesin bly nou al sedert 1999 in Calgary, in Kanada. Ons het hierheen emigreer om die kinders 'n kans in die lewe te gee, en ook sommer om die wêreld te kan sien! Ek werk in die rekenaarbedryf, het onlangs 'n Apple fanboi geword, en hou oor die algemeen van tegnologie. Ons kinders is laat tieners en vroeë volwassenes, met al die kopkrap wat dáármee saamgaan!
Ons bly lekker in Kanada, en het 'n paar jaar terug burgers geword. Ons sal waarskynlik nie teruggaan Suid-Afrika toe nie.
Die forums is my stokperdjies, en bydrae tot die Suid-Afrikaanse diaspora. Soos ek elders egter gesê het, hulle BEHOORT nie aan my nie, maar aan die onderskeie forumgemeenskappe. Hierdie is JULLE forum, maak julle tuis, maak dit julle eie en geniet die saamgesels!
Page 1 of 1
Hendie: admin Calgary, AB Canada
#2
Posted 03 March 2008 - 08:41 AM
Baie dankie, Hendie. Ons gaan lekker kuier op die forum.
Please contact me if you want to start a Coffee Club
Share this topic:
Page 1 of 1

Help











